03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

verkondig die nabye gerig wat elke mens aangaan, ook as hulle julle

woorde nie wil glo nie. Amen

Barmhartigheid - Verhard julle harte nie

6025 16 Augustus 1954

Wat julle wil dat die mense vir julle sal doen, doen dit ook vir hulle. Plaas

julle steeds in die situasie van julle medemens wat in nood is en dink

daaraan hoe dankbaar julle sou wees, as julle uit hierdie nood gehelp sou

word en handel dan soos julle by magte is en dit sal reg wees voor My oë.

Maar laat die nood van julle broeder julle koud, dan is julle hart al verhard

en dan sal dit vir julle moeilik wees om toegang tot die hemelryk te kry,

want dan is julle sonder liefde dan vervul julle nie My gebooie nie en kan

julle siele nie volwasse word nie. Die verandering van julle wese vind geen

deurgang, wat egter die sin en doel van julle aardse lewe is.

Die nood van julle medemens kan ook wel sy eie skuld wees en tog moet

julle hom help, want ook julself sal in sonde kan val en daardeur in nood

raak en julle sal ook aanspraak maak op My Liefde en Barmhartigheid

aangesien julle ongelukkig voel. Wanneer julle hart verhard is, wanneer

julle onverskillig verbygaan by ‘n mens wat in nood is, verplaas julle dan in

gedagtes in dieselfde noodsituasie en die ys sal smelt, daar sal ‘n golf van

erbarming oor julle vloei as julle tenminste nog in staat is om te verander.

Want weet dat julle almal in dieselfde noodsituasie sal kan beland, weet dat

julle, julle noodlot nie self bepaal nie en dat julle daarom niks van julle sal

kan afkeer nie wat Ek oor julle wil laat kom met die doel om julle op te

voed.

Wat vandag julle naaste oorkom, kan more al julle eie lot wees en dan

verwag julle hulp, skenk dit dan ook aan julle naaste en julle sal goed

doen. Dink nie selfgesentreerd nie, voel julle nie verhewe nie en kyk nie op

julle medemens neer nie, omdat julle aards beter af is of skynbaar die

noodlot se baas is. Want dit bring My daartoe om julle in dieselfde

omstandighede te laat beland, sodat julle voel wat julle tevore nie wou

begryp nie. Verhard julle harte nie, laat julle veeleer tref deur alle nood en

probeer hulp te bied. Want julle gee en ontvang ryklik terug wat julle

uitgedeel het. En julle wen die harte van hulle wat geskenke ontvang het

en dit is julle grootste wins, dat goeie gedagtes julle navolg, dat daar in

liefde aan julle gedink word, wat julle siele as krag ervaar om self volwasse

te word.

En dink steeds aan My woorde: “Wat julle aan die geringste van julle

broeders doen, het julle aan My gedoen” Dan sal julle maklik help om nood

te lenig. En as julle God bo alles liefhet, sal julle ook julle naaste nie die

liefde ontsê nie en julle sal My gebooie nakom en julle siele sal volwasse

word. Amen

282

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!