03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die geloof aan ‘n God en Skepper is egter nodig om julself met Hom te

verbind en die verbinding met Hom is die eintlike sin en doel van julle

aardse lewe, anders sou julle julself waarlik nie mag beliggaam het op

hierdie aarde nie, wat alleen vir die doel geskape was, dat die mens die

verbinding met God herstel wat hy eens vrywillig opgegee het.

Verloon julle egter ‘n God, dan beteken dit, dat julle nog heel ver van My

verwyder is. Dit beteken ‘n hernieude weerstand in vrye wil wat julle ‘n

vreeslike lot besorg in die hiernamaals of selfs die hernieude kluistering in

die materie, as die einde van hierdie aarde gekom het.

Daarom sou Ek julle wil aanspreek en tot nadenke bring voordat dit te laat

is. En al is julle aardse kennis ook so groot, julle sal gewaarborg in ‘n baie

dieper kennis kan deurdring as julle julself toevertrou aan Hom, Wie julle

geskape het en Wie as julle God en Skepper van ewigheid herken wil word,

om julle dan helpend te kan bystaan. Amen

Gods woord word as ‘n stroom van krag ervaar deur

die siele in die hiernamaals

5745 12 Augustus 1953

Deur die verbinding met die geesteryk word onafgebroke ‘n kragstroom in

beweging gesit en hierdie kragstroom het orals sy uitwerking waar die

selfde strewe na Bo herkenbaar is. Maar ook daar waar die mense nog nie

bewus hulle weg soek nie, maar tog ook geen weerstand bied nie, is die

werk van die krag sigbaar. Want hierdie mense begin hulle te open en op te

let en hulle gaan dan alles na, wat met die geesteryk in verband sou kan

staan, om nou vir hulself ‘n oordeel te vorm.

Glo dit, My dienare op aarde, julle gaan nie ongemerk by julle mense verby

nie. Glo, dat julle handel en praat die aandag trek en dat dit reeds 'n

uitwerking het van die kragstraling wat julle in beweging sit. Dit is slegs,

dat hierdie werk, omdat dit 'n geestelike beweegrede het, ook slegs

geestelik waargeneem kan word. Dit sal tot uitdrukking kom in die

gedagtes van die mense wat vir julle wel nie sigbaar is nie, maar tog die

aanleiding kan wees tot ‘n innerlike verandering van die mens. En hulle

voordeel trek uit die strome van krag wat na die mense op aarde vloei. Dan

is daar die siele in die hiernamaals vir wie geen gedagte verborge bly, as

hulle maar ervaring wil opdoen by julle wat die weg gaan volgens My wil.

Elke toevloei van krag, wat deur gebed of werke van liefde, deur die

deurgee van My woord Op aarde of die voorlees van die Woord, vir hierdie

siele sigbaar is as ‘n ligstraal, word deur hulle as ‘n weldaad aangevoel, as

hulle bereid is om dit aan te neem. En daarom is julle steeds deur sulke

siele omring wat by julle krag wil kry.

Julle mense sal hulle krag in oorvloed kan gee, as hulle julle wil aanhoor en

so deelagtig word aan die genadekrag van My woord. Maar hulle wil is nog

nie uitsluitend gerig op die wen van geestelike rykdom nie, omdat hulle aan

191

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!