03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Geestelike leier op aarde - Jesus

6284 14 Junie 1955

Die mense het leiers op aarde nodig, want om slegs die ware weg te vind

en te gaan, daarvoor ontbreek dit hulle aan die krag van die insig, geestelik

is hulle nog blind, hulle oë herken nie die weg omhoog nie en daardeur sal

hulle dikwels die verkeerde weg neem, ondanks hulle wil om die ware doel

te bereik. Want die afgrond oefen ‘n groter aantrekkingskrag uit, waaraan

hulle sonder hulp ten prooi sou val. Ek laat hulle daarom vergesel van

leiers, aan wie hulle hulself kan toevertrou, maar hulle nie gedwonge voel

om te volg nie.

Hierdie leiers ken die ware weg presies, omdat hulle van bo kom en almal

daarheen wil lei waar die lig is, waar hulself vandaan kom. Hulle is self

vervul met lig, maar weet tydens hulle lewe op aarde, nie dat hulle uit die

Ligryk kom nie, want alle mense wat op aarde is, is onderworpe aan

dieselfde wette. Dit ontbreek hulle aan alle herinnering aan vroeër, sodat

hulle volledig vry kan bly in hulle wilsbeskikking.

Dieselfde geld vir die leiers wat deur My onder die mense geplaas is, wat

hulself slegs in soverre van hulle medemens onderskei, dat die doel van al

hulle strewe is om ‘n graad van volwassenheid op aarde te bereik, terwyl

die medemens, wat hulle strewe op wêreldse dinge gerig het, nou eers

gelei moet word na ‘n ander doel.

Wat by die eersgenoemde in hulle aard skyn te lê, moet die ander

langsaam deur opvoeding bygebring word. En dit is moeilik, sowel vir die

leier om sy medemens tot iets te beweeg wat vir hom minder

begeringswaardig lyk, asook vir hierdie mens self, om homself af te wend

van hierdie begeringswaardige dinge en om volkome onbekende goed na te

strewe. Maar dit is juis die beproewing van die aardse lewe, wat die mens

moet deurstaan en dat hulle deurstaan kan word, hoef nie betwyfel te word

nie, omdat Ek slegs dit van julle verlang, wat moontlik vervul kan word.

Maar nou sal daar, deur die toedoen van My teenstander, orals, dit wil sê,

op alle kruispaaie van die weë, leiers hulself aan die onkundiges aanbied,

omdat hy ten doel het om die ware weg vir die mens verborge te hou,

sodat hulle daarby verby loop en die weg volg, wat hulle deur hierdie leiers

getoon word, wat egter volstrek ongeskik is om omhoog te lei, omdat

hulself nie die weg ken nie. Daarom moet julle mense nou op julle hoede

wees en elkeen wat julle wil lei vooraf ondersoek, of hy self die ware doel

nastreef.

Julle is daartoe in staat, want ‘n goeie leier moet julle na die kruis van

Golgota voer, hy moet julle eers na die kruis lei, waaronder julle jul moet

oorgee aan Hom, Wie vir julle aan die kruis gesterf het. Julle moet uit die

mond van julle leier ervaar wat die betekenis is van die verlossingswerk,

julle moet deur hom die oorgrote liefde en barmhartigheid van die

goddelike Verlosser leer ken en julle moet nou ook weet Wie dit was, Wat

333

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!