03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die verwerwing van geestesgawes

6241 18 April 1955

Die gawes van die Gees sal aan elke mens gegee word wat ernstig daarna

streef. Dit kan julle nie geskenk word nie, dit moet verwerf word deur die

nakoming van My gebod van liefde tot God en die naaste, deur ‘n lewe

volgens My Wil. Want sodra My Wil vervul is, bevind die mens homself in

My ordening van ewigheid en lig en krag sal hom deurstroom soos wat dit

in die begin was, aangesien hy volgens My Ewige ordening geskape is,

volmaak, dit wil sê, as ‘n wese gelyk aan My.

My Gees deurstraal die wese; en My Gees kan hulle ook nou weer

deurstraal, sodra hulle weer as mens in My Ewige ordening binnegegaan

het. Dit moet vir julle wel begryplik wees, dat My Gees nooit in ‘n mens kan

werk wat buite My ordening leef nie, dat hy dus nimmer die gawes van die

Gees sal kan besit nie.

Daarom vereis ook elke ontvangs van die woord die werking van My Gees

in die mense. Want om My Woord te ontvang, beteken om in die volle

waarheid onderrig te word, om My Wese vir julle mense begryplik te maak,

om te weet wat die beweegredes en die oorsaak is, wat die sin en die doel

van My bestuur en werke is, sodat alles vir julle duidelik is.

Om in die waarheid onderrig te word, beteken om in insig binnegelei te

word wat eens julle s’n was, wat julle egter verloor het deur julle eie skuld.

Julle almal kan dit vir julle verwerf, niemand word daarvan uitgesluit nie,

dog niemand kan dit verkry wat niks daarvoor doen nie, wat sy wese nie

omvorm tot liefde wat alleen die verbinding van die Gees wat in hom

sluimer met die Geestesgees is, sodat Ek nouself deur My Gees in hom kan

werk. Daaruit volg dat die verbinding met My steeds tot stand gebring moet

word en dat dit ‘n bewustelike strewe na My vereis. Wie homself nou met

My in verbinding stel, die het sy een voet reeds vrywillig in My Ryk geplaas,

hy het sy weerstand opgegee en sy wil geheel en al na My gekeer en wat

hom ten deel val, kan nou nie anders wees nie as: Lig en krag wat hom nou

uit My Ryk aangebied word.

Die lei in die waarheid deur My Gees, deur My Woord, is dus ’n geskenk, ‘n

gawe wat Ek elkeen laat toekom, aan hom wat homself deur eie wil tot ‘n

graad van volwassenheid opgewerk het, wat die voorwaarde is vir die

verlening van Geestesgawes.

Die mens kan steeds ongehinderd My ryk betree as Ek sy doel is. Solank Ek

egter nog eenkant toe geskuif word in sy denke en strewe, word die

toegang hom geweier. Maar hy kan dan deur My teenstander in sy ryk

binnegeloods word, wat hom laat glo dat hy by ‘n goeie doel aangeland het,

wat ook presies weet wat die mens nastreef en hom ooreenkomstig sy

verlange laat toekom wat hy soek. Dit geld vir die mense wat van

weetgierigheid vervul is, dog nie ter wille van die waarheid nie, maar slegs

terwille van eie voordeel. Die wat wil weet om iets te kan beteken, maar

326

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!