03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Daar is maar één waarheid en dit gaan van God Self uit, ook as dit deur

ligwesens oorgebring word. En waar die waarheid is, daar is geen

teenspraak nie. Daar is egter baie verskillende menings en daar bestaan

verskillende bronne waaruit die mense put. Maar slegs een bron is die

lewensbron wat God ontsluit het. Hy self giet Sy Gees uit in die harte van

die mense wat hulle gereedmaak as houers vir die stroom van die Gees.

Die gereedmaak is ‘n bewuste werk, ‘n arbeid aan die siel, ‘n omvorming

tot liefde, wat die voorwaarde is vir die werksaamheid van die Goddelike

Gees. Maar mediamiek ontvangs kan ook ‘n mens wat hierdie omvorming

nog nie tot stand gebring het nie, deurdat hy alleen maar afsien van sy eie

wil en ‘n vreemde wil meester van hom laat maak. En hoe hierdie vreemde

wil geaard is, bepaal hy self en sy omgewing deur die graad van

volwassenheid van die siele. Elke geestelik gewekte mens sal hom verset

teen mediamieke ontvangs, omdat hy ook die gevaar insien wat daarin

verborge lê en die verlange na die diepste waarheid ‘n geestelik gewekte

mens steeds vul. Maar ‘n medium wat ‘n hoë graad van volwassenheid het,

sal baie spoedig in staat wees om die boodskappe bewus in ontvangs te

neem en hierdie sal dan nooit in teenspraak wees met die suiwer woord

van God, wat stroom uit die lewensbron wat God Self ontsluit het.

Wees oplettend wanneer julle teenspraak ontdek en ondersoek van waar

die leerstellings wat mekaar teenspreek uitgegaan het. En as dit julle wil is

om in die waarheid vas te staan, sal dit julle ook geluk om duidelikheid te

ontvang, wanneer julle God Self vra om Sy bystand, wanneer julle Hom

elke twyfel, elke vraag voorlê en altyd alleen maar wil, dat julle waar

onderrig word en met oortuiging sal kan opkom vir Hom en die enigste

waarheid uit God. Amen

Vir God is ‘n duisend jaar soos ‘n dag

6479 18 Februarie 1956

Nog ewige tye sal verbygaan totdat alle skeppingswerke, die hele materiële

wêreld, wat die onverloste geestelike in homself dra, opgelos kan word,

totdat al die materiële homself vergeestelik het en totdat al wat onvolmaak

geword het, weer die volmaaktheid bereik het. Ewige tye sal vergaan. Maar

vir God is duisend jaar soos ‘n dag, want Hy is van ewigheid tot ewigheid,

vir Hom is hierdie tyd ook soos ‘n oomblik. Maar vir die onvolmaakte

geestelike is dit eindelose tye totdat die volmaaktheid weer bereik is, maar

dan sal die tyd van die terugkeer ewe-eens as ‘n oomblik voorkom.

En so sal julle mense getroos kan glo dat, ook die aarde, nog ewige tye sal

bestaan om sy groot taak te vervul, naamlik om die mense te help om die

kindskap van God te bereik, julle sal kan glo dat mense steeds weer die

aarde sal bevolk en dat daar gevolglik van ‘n "einde" van die

skeppingswerk aarde nog lank geen sprake is nie.

392

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!