03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

hoër waarhede aangebied word nie, tot hulle in hulself die liefde gewek het

en daardeur ‘n bepaalde insig ontvang.

En so kan aan hierdie siele vereers geen opheldering gegee word in die

geesteryk oor die rede van hul onrus en besorgdheid nie. Maar hulle sou

hulle graag teenoor die mense uiter en probeer op elke manier die

gedagtes van die mense op hulle te rig, met die mening om met hulle te

kan praat en verstaan te word. Dit is vir hierdie siele ‘n groot teleurstelling

as daar nie na hulle geluister word, soos hulle meen nie en tog gee hulle

hul pogings nie op om hulle verstaanbaar te probeer maak nie. Dit is ‘n

bepaalde soort liefde vir diegene van hulle wat op aarde agtergeblewe is en

hierdie liefde word hulle deur God aangereken en aan hulle ‘n moontlikheid

gegee om hulle tot uitdrukking te bring.

Waar ook maar mense op aarde byeenkom in gedagtenis aan oorledenes,

om hulle te help, kan ‘n deur God gewilde verkeer van die aarde met die

geesteswêreld tot stand gebring word. Maar steeds moet die dienende

liefde die beweegrede wees, wat dan ook seën sal skenk, sowel op aarde as

in die geesteryk. En weer is die graad van volwassenheid deurslaggewend

aan welke siele in die geesteryk dit toegestaan word om hulle te kan uiter.

Die mense is deur ontelbare siele omgewe en elke siel sou hom wil uiter,

maar dit is nie alle siele toegestaan nie, maar almal mag luister en hulle sal

begryp wat ter sprake kom. ‘n Beskuttende geestelike muur omring die

geestelik strewende mense, ook span die leiers van die nog onwetende

siele in die hiernamaals hulle egter ook in om hierdie op ‘n hoër vlak van

insig te bring, deurdat woorde van liefde steeds deur hulle verneem en

begryp word en hulle aanspoor tot denke oor hul eie toestand en graad van

liefde.

Daarom kan ook die mense op aarde oor die dood heen inwerk op hierdie

siele, wanneer die verbinding met die geesteswêreld tot stand gebring is op

‘n God welgevallige grondslag, d.w.s. te gee en te ontvang wat steeds

alleen vir die siel dienstig is. Aan hulle wat die geestelike nastreef, is

kontak met die hiernamaals toegestaan, die mense moet slegs rekenskap

gee van die beweegrede wat hulle so'n verbinding tot stand sal laat bring.

Vir die siele in die hiernamaals is dit ‘n verligting, ‘n ontlasting van hul

sorge om die mense oplettend te kan maak oor dit wat hulle bedreig,

waarvoor hulle ‘n fyn ontwikkelde gevoel het, maar nie die ware

opheldering kan gee nie. En hulle sal hulself steeds in die nabyheid van

hulle wat gevaar loop ophou en hulle wil help. En hierdie wil om te help

word deur God waardeer en beloon met hulp van Sy kant. Amen

Skyn en werklikheid

5172 17 Julie 1951

Die aardse lewe is alleen maar ‘n skynbestaan. Sodra julle tot die insig

kom, is julle op die ware pad wat na omhoog gaan. Julle leef dan bewus,

34

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!