03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

julle werk dan na die lig toe wat die werklike is, wat eers begin as julle

liggaam, die stoffelike omhulling van julle siele, afval en die siel hom vry

kan verhef in die geesteryk. Alles wat op aarde vir julle oë bestaan, alles

wat vir julle sigbaar is, is geestelike substansie wat slegs vir ‘n kort tyd

vorm gegee is, wat as materie sy doel op aarde moet vervul, namelik om

die geestelike se volledige ontwikkeling moontlik te maak. En die aardse

lewe self is ook alleen ‘n suiwer liggaamlike funksie, solank die siel in julle

nog sonder enig insig is in wat hulle was, is en moet wees. Verkry die siel

die insig nie in die aardse lewe nie, dan glo hulle wel des te meer aan die

realiteit van die lewe, hulle hou dan die aardse lewe alleen as belangrik en

streef daarna om lank en aangenaam op aarde te lewe. Eers op die oomblik

van insig verflou die verlange, omdat hy dan van die eintlike lewe bewus

word en die aardse lewe in dieselfde mate verbleek, as wat die werklike

lewe aan waarde wen. Eers dan kan hulle skyn en werklikheid onderskei,

eers dan leef hy bewus.

Die lewe is hulle gegee sodat hulle in ‘n skynbestaan hulle wil kan bewys,

dat hulle in ‘n bepaalde stadium van krag aktief kan wees, waarin hulle die

lewenskrag kan benut op ‘n God welgevallige manier en daardeur hulle die

reg verwerf, om in die werklike lewe krag in oorvloed te ontvang en dit

produktief te maak, soos deur God bedoel.

Die siel moet dus eers ‘n proeflewe aflê, om bewys te gee of hy geskik is

om onmeetlike krag te ontvang. Want die produktief maak van hierdie krag

is eers die eintlike lewe, waarin die siel skeppend besig word en ook in

omvangryke mate verlossend werk. Deur te faal in die proeflewe, deur

verkeerde gebruik van die lewenskrag, verspeel hulle vir hulself die toevoer

van krag in die werklike (geestelike) lewe, wat hulle dan ook verkeerd sou

gebruik, as dit hul sonder meer sou toestroom.

Die siel moet ‘n sekere graad van volwassenheid bereik het in die aardse

lewe, wat hom nou as kragontvanger en gebruiker, in die geesteryk

bruikbaar maak. En daartoe is hy die aardse lewe gegee. Maar meestal

word die aardse lewe as doel op sigself gesien en nie as middel tot die doel

nie en dan ook verkeerd gebruik. Dit word gesien as die enigste

begerenswaardige, ofskoon dit elke mens bekend is dat hy vir homself die

lewe nie met een dag kan verleng as sy uur gekom het nie. En juis dit moet

hom die waardeloosheid en die verganklikheid daarvan laat insien van dit

wat vir hom bomate belangrik lyk. Hy sal as ‘n verstandige mens vir dit wat

hierna kom moet sorg en hom nie tevrede stel met dinge wat aan die wet

van verganklikheid onderworpe is nie. Die aardse lewe is slegs ‘n skynlewe,

iets geleen, wat enige oomblik weer terug geneem kan word. Met geleende

goed moet die mens goed omgaan. Hy moet dit so gebruik dat dit hom

ryklik rente lewer, weliswaar nie aards materieel nie, maar geestelike

rykdom moet daarmee verwerf word. Dan is die mens geskik vir die eintlike

lewe wat ewig duur. Amen

35

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!