03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

sy dade verantwoordelik, as hulle nie gebruik maak van die genade

geskenk nie, maar dit weggooi in verblinde denke.

Aan My is elke opwelling van die hart bekend en Ek oordeel waarlik

regverdig. Ek hou rekening met die swakheid van My skepsele, maar dit is

nie onverdiend as die vrye wil van die mens hom te neer druk omdat die wil

verkeerd gerig was nie en dus misbruik word. Die mens kan aan sy nood

geen einde maak deur self in te gryp nie, hy moet daarmee verder gaan,

hy sal geen uitweg vind uit sy nood nie. En daarom sal die siel baie ly in die

ryk hierna, tot hulle oorwin, wat hulle op die aarde kon. Tot hulle hul

toevlug tot Jesus neem, omdat Hy oorwinnaar is van sonde en dood. Amen

Die kerk van Christus III

6010 28 Julie 1954

Die gemeenskap van Jesus Christus bestaan uit alle gelowiges wat in Jesus

Christus hul Verlosser sien, wat aan Hom glo as die Seun van God, wat na

die aarde gekom het om as mens die soenoffer te bring vir die hele

mensdom en daarom Hom gewillig navolg. Onder die kerk van Jesus wat

Hy self op aarde gestig het, is alle diepgelowige mense te verstaan wat nie

sommer vormchristene is nie; almal wat ‘n lewende geloof het en wat hulle

bewus onder die kruis van Jesus plaas.

Jesus Christus moet erken word deur die lede van Sy kerk. En uit die

erkenning vloei vir hulle dan ook die plig voort om volgens Sy leer te lewe,

dus bewus ‘n lewe in liefde te lei soos Hy self dit aan die mense voorgeleef

het. Hy het daartoe aangemaan deur Sy oproep: "Volg My na”. En wie aan

die oproep gehoor gee en Hom aanvaar, die behoort ook tot die

gemeenskap wat as die kerk van Jesus aangedui word.

Dit is die onsigbare kerk wat ewenwel in elke kerkgenootskap

verteenwoordig kan wees en ook verteenwoordig is, omdat daar ooral

enkele mense is wat met innige liefde in Jesus Christus glo. Wat ook in

liefde opkom vir hul medemens en die ware christene genoem kan word,

omdat hulle deur hul lewenswandel bewys dat hulle aan Hom behoort, Wat

Sy werksaamheid in liefde op aarde bekroon het met Sy dood aan die kruis.

Die gemeenskap bestaan dus ooral waar ware christene lewe, want hulle

almal behoort aan die kerk van Jesus. En waar daar twee of drie van sulke

christene in Sy Naam vergader is, daar is Hy self in hul midde en vervul

hulle met Sy Gees. Dus sal ook die gedagtes en woorde van die mense reg

wees en hulle word selfs hoër waardeer as die woorde van ‘n predikant wat

die Goddelike leer oor die liefde nog nie naleef en uitdra nie, wie se woorde

nog geen blyk gee van ‘n innerlike lewe van die Gees nie, die kenmerk van

die lede van die kerk van Jesus.

En die Gees sal hom altyd sodanig uiter, dat die Woord van God op ‘n

eenvoudige en duidelike manier gepredik en uitgelê word, wat ook in die

kleinste kring waar daar lede van die kerk van Jesus byeen is op die mees

274

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!