03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

En daarom is die weg van heil niks anders as die weg van die liefde tot God

en tot die naaste nie, want deur die liefde maak die mens hom vry van die

vyand van sy siel, deur die liefde verkry hy die mag oor hom, deur die

liefde ontvang hy onophoudelik krag uit God en deur die liefde bring hy die

vereniging met God tot stand, die ewige Liefde Self. Dan het sy siel

genesing gevind van ‘n kwaal wat hom deur die sonde aankleef, deur die

afval van weleer van God, wat Sy teenstander veroorsaak het omdat hy

sonder liefde was. Dan is sy siel weer verenig met die ewige Liefde, want

Jesus Christus Self het tot by die Oerbron van krag gekom, Hy het as ware

kind van God teruggekeer in die vaderhuis, omdat Hy die ware weg, die

weg van heil gegaan het, wat Hy self aangewys het. Amen

‘n Aanwysing op die nabye einde - Die laaste dag

5159 26 Junie 1951

Julle almal sal My barmhartigheid ondervind en in die laaste tyd duidelik

gewys word op die einde, deurdat julle baie veranderinge rondom julle sal

kan waarneem: Die vergaan van aardse goedere, die skielike sterwe van

julle medemens, wat midde in hulle lewens weggeruk sal word, vreemde

veranderinge in die natuur en alles ooreenstemmend met ou profesieë, wat

Ek deur sieners en profete maar steeds weer aan die mense laat toekom

om hulle op hierdie laaste tydperk opmerksaam te maak.

Julle word slegs aangespoor om na te dink en die vraag wat aan julle

voorgelê word, is watter lot julle tegemoet gaan. Sowel aards as geestelik

sal ‘n onrus julle oorval, want die aardse gebeurtenisse sal julle beangs

maak en sal ook aanleiding gee tot geestelike gedagtes, omdat julle

onbewustelik voel dat julle nog erg gebrekkig daarmee gesteld is. Al die

aardse gebeure sou julle nie laat skrik het, as julle die ordening in

geestelike opsig in stand gehou het nie, maar julle soek in die aardse ‘n

vervanging vir die geestelike en aangesien dit nou eers onseker vir julle

voorkom, word julle gedagtes tog op die vraag gerig: Hoe sal ek myself

staande hou wanneer alles ten einde geloop het?

En hierdie vraag moet in julle opkom, daarom laat Ek soveel nood oor die

mense kom, want daar bly nie veel meer tyd vir julle oor nie, maar tog nog

genoeg as julle ernstig wil verander. Dit is alles barmhartigheidsmiddele

van die noodlot wat julle nog tref voor die einde, ook wanneer julle nie as

sodanig wil luister nie, maar dit kan julle nog tot besinning bring, hoe

armsalig dit ookal met julle gestel is, in geval julle skielik weggeroep word

van hierdie wêreld.

Let op alle gebeurtenisse om julle heen, hou julle oë en ore oop en laat aan

julself sien dat daar nog ‘n vonkie verantwoordelikheidsgevoel in julle

aanwesig is, wees nie onverskillig nie, keer in julle binneste en beskou in

stilte julle eintlike waarde, wanneer julle voor My verantwoording moet

doen op die laaste dag. Want die laaste dag is vir elkeen die dag van sy

29

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!