03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

die wêreld nog te veel aandag skenk, terwyl die siele in die hiernamaals

alleen dit as krag, as weldaad ervaar, wat hulle deur julle aangebied word.

Want die kragstroom in die hiernamaals wat hul deur ligwesens toegestuur

word, sien hulle eers dan as sodanig as hulle die eerste insig verkry het,

wanneer hulle met julle hulp uit die ryk van die duisternis of die skemering,

die poort tot die lig gevind het. Dit kom omdat hulle hul nog te veel in die

nabyheid van die aarde ophou en daarom ook van die aarde uit makliker

beïnvloed kan word, as deur die wesens van die lig. Hulle staan egter reeds

as helpers agter hulle en maak hul die begrip van wat hulle deur julle

aangebied word gemakliker.

Steeds egter staan hulle in die stroomkring van die Goddelike krag. Steeds

word hulle deur My liefdeskrag aangeraak en bespeur Sy werk. Maar Ek

Self kan geen direkte invloed uitoefen solank hulle hul weerstand nog

volhou, solank hulle nog in die gebied van die duisternis bly waaruit julle

hulle egter kan bevry deur liefdevolle voorligting, deur voorspraak en deur

beïnvloeding d.m.v. gedagtes. Alle goeie gedagtes voel hulle as krag, op

aarde sowel as ook in die geesteryk. En daarom moet julle ook julle mense

alleen goeie gedagtes verkondig, dan sal julle hulle ook die krag besorg wat

hul ontbreek om tot ‘n innerlike ommekeer te kom. Want al die goeie

gedagtes, wil en handel het ‘n verlossende uitwerking, want dit is die krag

wat nooit sonder resultaat bly nie. Amen

Aarde skool van die geeste - Middel tot die doel -

Doel op sigself

5750 18 & 19 Augustus 1953

Beskou die aarde slegs as ‘n skool vir die gees, as verblyf vir julle siele om

volwasse te word, wat nog deur die skool moet gaan, voordat julle die

geesteryk binnentree. Julle kan nie onder dwang so gevorm word, dat julle

geskik is vir die geesteryk nie; julle moet die omvorming self volbring. En

daarvoor is julle die aardse lewe geskenk.

Dog julle mense sien nie die betekenis en die doel van die aardse lewe in

nie, julle benut dit in ‘n ander opsig, julle probeer daar alleen maar

voordeel vir die liggaam uit te haal en dink nie aan julle siele nie, julle

beskou die aardse lewe as die doel op sig self, terwyl dit die middel is tot

die doel, die middel om vir die geestelike die laaste volwassenheid op te

lewer. Om die wilsproef af te lê is die eintlike taak, wat julle tydens die

aardse lewe moet vervul, wat egter in alle vryheid afgelê moet word, om

welke rede julle dan eers opheldering sal kry oor die betekenis en die doel

van die aardse lewe, wanneer julle julself ernstig met die vraag besig hou.

God gee julle egter die verstand, dat julle te alle tye die vraag kan stel,

waarom en tot welke doel julle, julle op aarde bevind. Stimulering tot die

vraag is daar genoeg om julle heen, maar die vraag moet in volledige

vryheid uit julle na vore kom, om nou ook reg beantwoord te kan word.

192

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!