03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

korrekte begrip kan nie vir julle mense gegee word nie, veeleer sal julle

eers die voorwaardes moet vervul wat julle ‘n volledige begrip waarborg en

hierdie voorwaarde is nou eenmaal dat julle die Gees in julle moet laat

ontwaak, omdat hy julle onderrig, julle denke korrek lei en julle die begrip

gee vir hoër wysheid, wat julle as mens sonder hulp, slegs met julle

verstandelike denke, nie sal kan begryp nie.

Dit is heeltemal futiel om in die goddelike skeppingsgeheime te wil

deurdring, sonder die hulp van die Gees, wat as deeltjie van God, alles

weet en julle mense ook die kennis kan meedeel. Sonder die werksaamheid

van die Gees sal julle dus nooit insig verkry in die goddelike skeppings- en

heilsplan nie, of, as die kennis daaroor van buite af vir julle gebring word,

dit nie kan begryp nie. Wat julle egter daaroor deur die Gees uit God

verskaf word, is die volle waarheid en sal julle insig vergroot, want dit het

van God uitgegaan, dit is ‘n regstreekse oorbring van die waarheid wat sy

oorsprong in God het.

Die hele skepping, aards en geestelik, is die tot vorm geworde Wil van God,

in Sy liefde gegrondves en Sy wysheid bepaal die doel daarvan. Dus is elke

skeppingswerk in sy ontstaan en sy doelmatigheid vol wysheid oordink en

in die hele skepping ingepas, soos wat God dit van ewigheid af, as in hoë

mate heilsaam, ingesien het vir die geestelike wat homself positief moes

ontwikkel. Elke skeppingswerk is die vervollediging van ‘n ander en die hele

geestelike en aardse skepping is ‘n onbegryplike – geestelike saamgestelde

geheel, wat wag op sy ontbinding.

Die mens is slegs in staat om die kleinste stukkie in sy Gees op te neem en

dus moet hy homself ook tevrede stel met verklarings wat slegs ‘n swak

denkbeeld aan hom gee, wat slegs in growwe trekke die sin en doel

daarvan begryplik maak, wat uit God se skeppende hand voortgekom het,

waar die diepste geheime, die mens nie kan deurgrond solank hy nog in

aardse materiële omhulsel op aarde is nie, omdat sy geestelike horison

begrens is, omdat hy alle voorstellingsvermoë mis om skeppings wat buite

die aarde bestaan te kan begryp.

Maar vir sy liggaamlike oë is tallose sterre sigbaar wat dus ook as

skeppings van God in die oneindige heelal rondtrek en op oneindige afstand

van die mens hulself beweeg in bane wat wetmatig vasgelê is. Hierdie

sterre is wel deur hom te sien, maar nie met sy verstand te ondersoek nie.

Dit is wêrelde waar, of ‘n soort vooropleiding, of die verdere ontwikkeling

van menslike siele plaasvind, omdat daar ontelbare sfere is wat die siele,

wat tallose verskillende grade van volwassenheid besit, tot verblyfplek

dien. Beskou alle sterre wat deur julle oë te sien is, as verblyfplekke vir

verdere ontwikkeling van die geestelike, dan is die sin en doel van die

sterre al op sy duidelikste vir julle verklaar.

Die hele skepping, dus alle hemelliggame van aardse materiële of

geestelike aard, word deur ‘n Wil gelei en alle skeppingswerke is

onderworpe aan die wet van die ewige ordening, waarvan die grondlegger

89

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!