03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

deur wie die geestelike wesens hul uiter, wat dan die regte spreekorgane

van hierdie wesens is, moet op hul hoede wees om nie deur laer kragte

misbruik te word nie. Hulle moet hul nie deur mooi woorde laat verblind

nie, want dit is die masker van hom wat die vyand van die waarheid is.

Want mooi woorde is die middel om toegang te kry tot die kring wat My wel

in erns soek, maar wat tog die wêreld nie geheel opgegee het nie. Hul

ontbreek nog My voortdurende teenwoordigheid en daarom is hulle ook nie

veilig teen die verleidings van laer kragte nie.

Dog My Woord word julle, mense duidelik en suiwer gegee, omdat Ek vir

Myself die dienare gekies het wat Ek geskik ag vir die amp van ontvang en

versprei van My Woord, wat Ek ook sal versorg solank hul wil alleen op My

gerig is en hulle My as werktuig wil dien. Want nooit sal julle, julle kan

bekla dat die suiwere waarheid julle weerhou word nie. Steeds sal Ek My

Woord na die aarde stuur en ook sorg daarvoor dra dat dit verbrei word,

omdat die sieleheil van die mense daarvan afhang dat hulle in die waarheid

onderrig word. Amen

"Die poorte van die hel sal dit nie oorweldig nie"

5186 9 Augustus 1951

Die poorte van die hel sal nie My kerk oorweldig, wat Ek Self op aarde

gestig het nie. Die hel sal hom wel open en alles uitspu om die mag en die

krag van My teenstander te versterk. Alle duiwels sal tekeregaan teen die

klein skare van gelowiges, wat in waarheid My kerk uitmaak. Die hel self

sal sy mure bestorm, maar My kerk sal standhou, want die gelowiges

beskik oor groot krag. En omdat die einde naby is probeer Ek nog die

mense wat swak is in die geloof, in My kerk op te neem, ook hul geloof

moet nog sterk en onwankelbaar word voor die einde kom.

Die hel sal geen mag hê oor hom wat vas glo nie, want hulle behoort aan

My kerk en Ek as Stigter van die kerk, sal hom waarlik beskerm teen die

aanval van die hel. Julle mense staan kort voor die einde en julle weet nie

wat dit beteken nie. Julle weet nie van die geestelike stryd tussen Lig en

duisternis nie, tussen waarheid en leuen. Julle weet nie dat die aarde in

totale duisternis is omdat die mag van die duisternis oor hom heers nie en

julle mense self hom die mag gegee het. Die stryd in die wêreld van die

geeste is vir julle nog nie duidelik nie, maar dit sal heel vinnig vaste vorm

aanneem wat julle laat sien hoe naby het einde is.

Die geloofstryd sal baie spoedig begin. ‘n Stryd, wat van die kant van die

maghebbers afgekondig sal word teen almal wat nog glo, teen almal wat lid

is van ‘n geestesrigting wat My as hul Skepper en Vader erken en wat na

die geestelike strewe vanuit ‘n innerlike oortuiging lewe en hulle nie met

die aardse dood ophou nie. Al die mense sal aangeval word, boosaardig

verdruk en brutaal beveel word om hul geloof te verloon.

45

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!