03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

‘n slegte gesindheid het nie, in ‘n baie swak skemering wat hulle egter geen

welbehae skenk nie. Dan begin hulle na te dink oor die vals beloftes

waaraan hulle op aarde vasgehou het en wat hulle as ‘n onaantasbare

evangelie beskou het.

Om hierdie siele tot nadenke te beweeg en tot aanvaarding van die

waarheid, moet hulle vir lang tye in sfere beweeg wat vir hulle nie

aangenaam is nie, sodat hulle steeds meer aan hul valse leerstellings dink,

dit in ag neem en tog geen verandering in hul toestand ondervind nie. Dan

eers begin hulle te twyfel en dan eers is dit tyd dat hulle met verdrag in die

waarheid gelei word, om hulle langsaam tot ‘n ander insig oor te haal.

Maar daar gaan baie baie tyd verlore voordat ‘n siel tot insig kom. En

daarom is dit een van die belangrikste opdragte vir die werkers in die

wingerd van God om al op aarde teen dwaling en leuens in te gaan en die

mense al op aarde opmerksaam te maak op die nuttelose gang van sake in

hul lewe, selfs as hulle dit nie wil glo nie. Want dan kan hierdie denke

vinniger in hul gedagtes kom as hulle heengaan van hierdie aarde en ‘n

insig wat vinniger deurbreek is moontlik in die ryk hierna.

Steeds weer moet dit die mense voorgehou word dat alles vergeefs is waar

hulle ywerig gehoor aan gee, as hulle die gebooie van die liefde tot God en

die naaste nie voorop stel nie. Baie duidelik moet hul gewys word op die

vals leerstellings en daar is baie baie. Dit moet hulle voorgehou word dat

God alleen liefde van die mense verlang om hulle te kan opneem in Sy ryk

en dat al die ander egter sonder waarde is vir die siel solank die liefde

ontbreek.

En al is die mense verontwaardig daaroor, die siele sal julle tog eenmaal

dank as hulle die aardse omhulsel verlaat het. En as hulle hul behoeftig en

gebrekkig bedeeld voel en daar geen verklaring voor weet nie, dan sal hulle

aan julle voorligting dink en deur hul toestand ook die waarheid insien. En

dan is hulle ook dankbaar wanneer hul die waarheid aangebied word, want

alleen die waarheid kan hulle help om opwaarts te gaan, alleen deur die

waarheid kan hulle salig word. Amen

Verbinding tussen die sterrewêrelde en die aarde

6465 1 Februarie 1956

In die verre ruimtes van die heelal sirkel sterre in groot aantalle en elkeen

van hierdie sterre is ‘n skeppingswerk wat bestem is om tot verblyfplek te

dien vir die geestelike wat positief aan die ontwikkel is, om die ontwikkeling

van die geestelike op veelsoortige maniere te bevorder. Steeds het al

hierdie skeppingswerke egter ontstaan ten behoewe van die geestelike,

want oneindig groot is die getal van die gevalle oergeeste en onmeetlike

periodes word vereis totdat die omvorming weer terug tot hulle oerwese

voltrek is.

386

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!