03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

julle dat julle die vele moeite van die weg nie tevergeefs op julle neem nie,

dat die doel julle ryklik sal beloon vir alle laste wat die smal weg van julle

verg, vir alles waar julle afstand van moet doen.

Steeds weer het julle geleentheid om van die groot breë weg af te gaan,

want steeds weer ontmoet julle die bode wat julle waarsku om julle weg nie

voort te sit nie en wat julle probeer oor haal om op die weg te gaan wat na

bo lei. Julle moet hul gehoor skenk, julle moet daar ernstig oor nadink dat

julle julself in gevaar stel deur onverstoorbaar die weg verder te volg wat

nooit na bo kan lei nie, omdat dit geen inspanning van julle verg nie,

wanneer hy skynbaar horisontaal verder gaan, maar steeds meer na

benede, die diepte in voer.

Julle moet self twyfel wanneer julle aardse lewe julle vervulling bring van

julle verlangens, want julle moet toegee dat dit steeds slegs wêreldse

vreugde is wat julle begeer en julle verskaf word. Vreugde wat vergaan

soos droombeelde waarvan niks waardevols vir julle oorbly nie, veelmeer in

julle ‘n gevoel van banaliteit en van onbehae agterlaat wanneer julle julself

ernstig ontleed.

Die groot weg waaroor julle loop is wel deur blomryke hange omsoom en

julle voel julle behaaglik in so'n omgewing, maar dit is nie iets egs nie, dit

is slegs lugspieëling en verbloeming vir julle, wat bedek wat daaragter lê en

julle sou skrik as julle daar deur sou kon kyk en die moeras ontdek wat die

blomryke hange verberg.

Die weg egter wat opwaarts lei, verg die oorwin van ongelykhede en dit is

nie maklike om so’n weg te begaan nie, dog bo aan wenk ‘n heerlike doel

die wandelaar, hy sien ‘n lig bo hom straal wat onvergelyklik weldadig op

hom uitstroom en wat hom alle moeite laat vergeet.

En die reisiger weet dat dit geen vals lig is nie, hy weet dat die ware

vaderland hom verwag wat hom dan alle heerlikhede sal bied. En hy lê

graag en opgewek die moeisame weg af, hy let nie op ongemak nie, want

voortdurend ontvang hy krag van bo en daarom bereik hy ook seker sy

doel. Hy keer terug in die Vaderhuis om daar vir ewig geluksalig te wees en

te bly. Amen

Sosiale laste - Naasteliefde

6360 20 September 1955

Hoe dikwels is julle mense nie daarop gewys dat julle hulp verleen word en

hoe dikwels is dit nie moontlik om dit te beantwoord nie, want geen mens

kan net op homself steun nie, almal het die hulp van sy medemens nodig,

soos ook almal weer in omstandighede kom om hulle weer te help.

Maar die strewe van die mense is daarop gerig om hom geheel onafhanklik

te maak van sy naaste en ook alle hulpverlening aan hulle af te skaal. Hulle

probeer dit wat vrywillige hulpverlening moes wees, wetlik te reël en elkeen

probeer uit hierdie reëling vir homself die grootste moontlike voordeel te

361

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!