03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Om julle mense nou dit te laat weet en die insig te gee, spreek Hy self julle

aan, Hy laat julle Sy Woord verneem en Hy onderrig julle deur Sy Woord,

Hy gee julle Sy wil in oorweging, waarvan die vervulling julle onvermydelik

weer die graad van volwassenheid oplewer wat julle vrywillig opgegee het.

Hy verlang slegs die omvorming van julle wese na liefde. As julle Sy wil

vervul, dan is ook julle positiewe ontwikkeling gewaarborg, dan vervul julle

jul aardse opdrag, dan is die weg uit die diepste diepte na bo met sukses

afgelê, omdat julle weer verenig is met God, van Wie julle jul destyds

afgeskei het en dat julle nou verenig bly met Hom tot in alle ewigheid.

Amen

Materiële Instelling

5705 22 Junie 1953

Julle mense het julle blik tot die wêreld gewend en julle streef slegs na

aardse skatte. Julle soek net om die liggaamlike begeertes te bevredig en

julle beweeg julself maar net op ‘n gebied waarin die materiële oorheersend

is, maar al die geestelike druk julle dood. Julle liggaam is egter maar net

die omhulsel van wat bestaande bly na die liggaamlike dood; julle liggaam

is maar vir ‘n kort tydjie die woning vir julle siele. Dit is die siel wat deur

die aardse lewe tot volwassenheid moet kom, wat julle egter, deur julle

verlange na die materiële, gebrek laat ly en dit daarom in

kommerwekkende toestand die geesteryk laat ingaan.

Die materiële wêreld is die ryk van die gekluisterde geestelike, waar julle as

mens wel in woon, maar wat julle laaste stadium is vir die ingaan in die

geesteryk. Solank die wêreldse gees in julle nog so sterk is dat julle steeds

na aardse goedere verlang en slegs ywer en werk vir die wêreld, solank is

julle ‘n slaaf van die materie. Terwyl julle dit as "meester van die materie"

tog moes oorwin het. Julle gebruik al julle lewenskrag maar net om die ryk

van God se teenstander te versterk, wanneer julle die wêreld en sy goedere

nastreef.

Julle moet egter julle lewenskrag benut om vir julle geestelike goedere te

versamel, om skatte te verwerf vir die ewigheid. Julle moet vrywillig

afstand doen van goedere wat verganklik is, wat eenmaal van julle

weggeneem word en wat julle nie kan saamneem na die ewigheid nie. Julle

moet dus julle lewenskrag gebruik om onverganklike goedere vir julle te

verwerf waarmee julle kan werk in die geesteryk, wat vir julle ‘n rykdom

beteken wat julle waarlik salig sal maak.

Julle staan hoër as alle materiële skeppings, want dit is slegs geskape sodat

dit julle ten dienste kan staan in julle voleinding. Julle mense ontken egter

die waarde en streef die wêreld na, in plaas van om te erken dat dit

hinderlik is vir julle geestelike ontwikkeling. Julle dien die materie in plaas

van dat die materie julle dien, julle laat julself deur hom beheers en word

tot slaaf van die materie.

181

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!