03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die kindskap van God is die hoogste graad van geluksaligheid wat My

skepsele kan bereik. Ek stel wel eise aan julle maar dit is nie onvervulbaar

nie, omdat Ek julle voortdurend met My Liefde en genade by staan, omdat

Ek niks van julle verlang wat julle krag te bowe gaan nie, veeleer steeds My

eise aan julle geestestoestand aanpas. Maar as julle dus probeer om ‘n

lewe in liefde te lei, sal alles vir julle ook makliker wees omdat die liefde

self krag is en julle deur liefde gestadig julle krag kan laat toeneem.

Bowendien trek julle Myself deur die liefde aan, julle trek die Vader en die

Vader trek julle aan en julle bereik dan met sekerheid julle doel, julle word

My kinders en neem heeltemal besit van My Hart en Ek hou julle nie tee

nie, want Ek verlang na My kinders, wat My Liefde voortgebring het en Ek

wil hul onbeperkte hemelse vreugde berei tot in alle ewigheid. Amen

Die dwaling van die menslike strewe na aardse

goedere

5100 5 April 1951

Alles wat julle op aarde julle eiendom noem kan van julle afgeneem word,

as dit My Wil is. Julle kan julle daarteen nie verset nie, maar julle moet julle

daarna voeg. Ek maak julle egter steeds oplettend daarop dat julle, julle

hart nie aan aardse goedere heg nie, omdat dit nie blywend is nie. Julle kan

julle egter van ‘n geesterykdom verseker wat julle nie afgeneem kan word

nie, wat julle voortdurend kan vergroot, in die besonder in die tyd van

groot nood wat oor julle kom. Dan sal julle kan uitdeel en groot seën sal

hulle ontvang wat hulself die skatte uit die geesteryk as geskenk laat gee.

Want hierdie skatte besorg julle die ewige lewe. Aardse goedere kan julle

nie vir julle dood versorg nie, egter wel die geestelike goedere vir die dood

van die gees.

Al die aardse sal vergaan en julle is ook in gevaar om die liggaamlike lewe

te moet prysgee. Dan is al julle besittings niks meer werd nie. Bly julle

egter in die lewe, dan is julle gedagtes anders gerig, want dan sien julle die

waarheid van My Woord in, wat julle steeds op hierdie nood oplettend

gemaak het.

Ek weet wie van julle getref word, deur My Wil. Wat Ek daarmee beoog is

egter nie tot julle skade nie, maar alleen tot voordeel vir julle siel. Ek weet

juis dat die afsonderlike mens nog kwesbaar is en moet hom daarom sulke

wonde toedien wat sy verlange na die materie laat afneem, wat hom

genees van die verpestende adem van hierdie wêreld.

Wel sal vele dit vir ‘n wrede en harde ingryp van die noodlot hou, maar

eenmaal sal dit vir hulle duidelik voor oë staan. En hulle sal My dankbaar

wees vir My gewelddadige ingryp in hul lewe, wat anders sonder sukses vir

die siel sou verloop. Ek sien hoe die mensdom steeds meer in die materie

wegsink, hoe hulle enkel en alleen nog maar streef na en besig is vir die

vermeerdering daarvan, onbekommerd hoe naby die einde is.

13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!