03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

totdat hy dit verlaat. En tog kan die liggaam ook nog verskillend wees. Die

vlees kan nog diep in die sonde wees, dus nog baie van die duiwelse in

homself hê, wanneer dit gebore word uit die sonde, wanneer alleen maar

sataniese eienskappe die mense beheers wat ‘n nuwe lewe verwek. En

daarom kan ‘n nuwe tot lewe verwekte wese sy lewe te danke hê aan die

drang om lief te hê van twee mense, daarom kan oorwegend goeie

aandrifte ook in die wese binne gestroom het en dus sal ook die uiterlike

omhulsel daarmee in ooreenstemming geaard wees. Hy sal baie van die

"erfgoed" in homself dra en dus min of meer hard moet stry in die aardse

lewe en daarom ook moeiliker of makliker die doel bereik.

Maar sonder stryd bly die bestaan van geen mens op aarde nie. En dikwels

is die lewe van ‘n ligwese op aarde selfs buitengewoon swaar, omdat die

siel onbewus van die rede daarvan, die verblyf in die aardse wêreld as

kwelling ondervind en ook terwille van sy missie, dikwels ‘n baie swaar lot

op aarde op homself neem.

Deur Adam se val is die proses van die verwekking ‘n ongesëende

gebeurtenis, want dit stem nie ooreen met die Wil van God, Wie Sy seën op

die korrekte oomblik aan die eerste mensepaar wou gee nie. Lucifer was

betrokke by die verwekking van die mense en hy sal sy reg, aan hom deur

Adam se wil verleen, ook nooit opgee nie. Steeds sal hy betrokke wees by

die ontstaan van nuwe lewe, ofskoon die graad van liefde van die mense

hom tot ‘n sekere grens kan afweer en God se beskerming teen hom

afgebid kan word.

En nou sal dit ook vir julle begryplik wees, dat God Self egter Sy

teenstander afweer, wanneer Hy vir Homself ‘n liggaamlike omhulsel skep

wat Hy eenmaal in besit wil neem en wat Hom al by die geboorte tot

woonplek moes dien. Want God Self sal nooit as te nimmer verbind met Sy

teenstander in Sy werksaamheid nie. En netso sal Hy ook die natuurlike

Draagster van die omhulsel van Hom nie deur Sy teenstander in beslag laat

neem nie. Hy, die God en Skepper van ewigheid, Wie alles laat ontstaan

het, Wie aan alles doel en bestemming toewys, het waarlik die mag om

alles wat Hy wil, buite Homself te plaas, dus sal dit tog ook vir Hom

moontlik wees om ‘n mens te laat ontstaan sonder die wettige

verwekkingsdaad en dit sal waarlik ook vir Hom moontlik wees, om Sy

teenstander verwyderd te hou totdat Sy Wil geskied het.

Want God verskaf alleen onderdak vir Homself in ‘n suiwer omhulsel, Hy

verbind Homself nie met iets onrein nie, wat egter nie uitsluit, dat die mens

in die ryk van onvolmaaktheid, in die ryk wat aan Sy teenstander

toebehoort, nou tog nog aan alle benouenisse blootgestel is en dat Sy weg

oor die aarde daarom nie minder smartlik en ook vol van stryd is, net soos

die van Sy medemens nie. Want sonder stryd sou daar ook geen

oorwinning wees nie. Maar die teenstander van God moes oorwin word en

Jesus het waarlik standgehou in die swaarste stryd, wat ooit op aarde

geveg was en Hy het hom as mens deurstaan, nie as God nie. Amen

472

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!