03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

trek. Dat, wat as onbaatsugtige naasteliefde baie hoog gewaardeer sou

word vir die siel, word in ‘n onvrywillige heffing verander en lewer vir die

siel geen enkele voordeel op nie, omdat alle vrywillige liefdadigheid

uitgeskakel is.

Menslikerwys gesproke sou op hierdie manier die aardse nood van die

mense afgewend kan word. En dit is ook wel die bedoeling van hulle wat

hulle verantwoordelik voel vir die noodsituasie van die mense, omdat dit

nie geheim te hou is nie en gevolglik ‘n blaam op die maghebbers werp. En

solank die liefdeloosheid heers onder die mensdom is sulke pogings ook tot

seën, in soverre dat die mense nie in ellende onder gaan nie.

Maar daardeur kan die lae geestelike peil van die mense nie opgehef word

nie, want daarvoor is ‘n werksaamheid in onbaatsugtige naasteliefde

nodig. Die mense moet ontroer word deur die ellende van die medemens,

sodat hierdie liefde in hulle ontsteek word. Daar moet daarom gebrek wees

onder die mense wat sodanig is, dat dit ‘n tot liefde bereidwillige mens

aanspoor tot liefdadigheid.

Hulp kan die mens op alle manier verleen word, bv. deur troostende

woorde, deur liefdevolle belangstelling of deur daadwerkelike bystand. Maar

in die menslike lewe gaan dit heel in die besonder oor die overwinning van

die materie, oor die omsetting van eieliefde na onselfsugtige naasteliefde.

Die mens moet hom los maak van wat vir homself begerenswaardig is, om

dit aan die medemens te gee wat in nood verkeer. Daarom is die aardse

besit ongelyk verdeel, juis om die wil tot gee aan te spoor, omdat as die

mens self hom gelyktydig kan oefen in die oorwinning van die materie

omdat hy homself daardeur die grootste geskenk gee, as hy hom bevry van

stoflike besit, om die nood van die medemens te lenig.

Alleen dit wat vrywillig weggegee word sal die mens ryklik vergoed word,

want alleen die vrye wil bewys die liefde, terwyl by die belasting wat mens

moet betaal, die liefde geheel ontbreek, ja selfs eerder die hart van ‘n mens

kan verhard en hy alle wil tot gee in hom onderdruk, omdat hy glo dat met

hierdie sosiale las al genoeg gedoen word vir die welsyn van sy medemens.

Maar al is die mense besig om die ekonomiese nood op hierdie manier te

lenig, tog kom dit weer in ‘n andere vorm na die mense toe. Enersyds

homself tot seën, andersyds om weer die hart van die medemens tot

hulpvaardigheid te beweeg, om hom aan te raak sodat die liefdevonk tot

ontbranding kom, sodat die liefde onder die mense nie geheel verkoel nie.

En dikwels word juis die mense deur nood van nie materiéle aard getref wie

se harte baie verhard is, sodat hulle ‘n andere weg moet inslaan, as hulle

gehelp wil word. Van hulle word die vreugde wat hulle het, hul aardse

besittings weggeneem. Wat hulle nie self wou weggee om die nood van

ander te lenig nie, hulle nou self nie meer daarvan kan geniet nie. Die

materie verloor dan sy waarde en geseënd is die mens wat nou op die regte

wyse daarmee omgaan, wat dit nou vrywillig afstaan om dit aan

noodlydende medemens te laat toekom. Geseënd is hy wat nog in die

362

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!