03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

self voltrek sal word, presies netso sal ‘n aardse verandering voltrek word

deur die oplossing van die aardse skepping, deur die vrywording van al wat

gekluister is en al die geestelike vrye. En dan sal die skeiding van die

geeste ook voltrek wees en al die geestelike sal "geoordeel" wees, dit wil

sê, ingelyf in ‘n vorm wat ooreenkomstig sy graad van volwassenheid is.

Die geestelike omwenteling is ophande en daarom is ook ‘n aardse

verandering onvermydelik. Dan egter sal ‘n salige tyd beskore wees vir

hulle wat Myne is en wil bly. Die wat die laaste stryd op hierdie aarde

deurstaan het en desnieteenstaande leed en ellende My trou gebly het tot

aan die einde. Amen

Die neerdaling na die hel – Die vyandskap van

Lucifer

6531 25 April 1956

Dit is waar dat Ek na My kruisdood neergedaal het in die hel en dat Ek ook

verlossing gebring het aan hulle, wat nog nie deur die poort die ewige

saligheid ingegaan het nie, omdat hierdie poort eers deur My kruisdood

geopen moes word.

Ontelbare siele het die uur van hulle verlossing verwag en Ek het aan hulle

verskyn as die mens Jesus. Ek het hulle My lyding en sterwe onder oë

gebring, omdat ook hulle My vrywillig moes bely as Seun van God en

Verlosser van die wêreld. En Ek was ook herken deur hulle wat ‘n goeie

lewenswandel gelei het op die aarde, Ek was nie deur almal afgewys nie.

Desondanks verweer ook tallose siele hulself en hulle wys die

barmhartigheidsgeskenk van My verlossing af. Die invloed van My

teenstander op hierdie siele was so sterk, dat hulle in My slegs die mens

Jesus gesien het, wat homself verset het teen aardse maghebbers en

daarom tot die dood veroordeel word. Al hierdie siele moes hulle vryheid

van wil behou en daarom kon Ek nie in Mag en Heerlikheid aan hulle

verskyn nie. Ek moes na hulle toe kom soos wat Ek op aarde onder die

mense verkeer het as mens, wat hulle net deur die Woord probeer oortuig

het van Sy missie en van die volbragte werk van die verlossing.

Maar My teenstander wou die siele nie teruggee nie. Ook het hy self vir die

eerste keer bewus geword van die gevolg van My verlossingswerk. Hy kon

die siele nie teëhou wat hulself aan My kant geskaar het nie, wat My

vrywillig wou volg deur die poort wat deur My vir hulle geopen was. Hulle

was aan sy mag onttrek, hulle het die kettings verbreek, omdat hulle die

krag daarvoor van My getrek het, omdat Ek Self hulle kettings verbreek

het.

Des te meer het My teenstander onder sy aanhang gewoed en nou het die

stryd van die duisternis teen die Lig eers in sy volle omvang begin en dit

het nooit opgehou nie en woed derhalwe beide op die aarde as in die

geesteryk. Ek het neergedaal in die hel om verlossing te bring aan almal

412

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!