03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

sien hy wel ‘n wapen wat hom verwond en daarom ontvlug hy dit, waar dit

hom die voet dwars sit. Hy wakker die liefdeloosheid aan waar hom maar

die geringste moontlikheid gebied word. Hy voel dat sy mag kleiner word

en wil hom nie laat oorwin nie.

Daarom is sy aktiwiteit dikwels onmiskenbaar, omdat sy middele altyd

sodanig is, dat daar vyandskap tussen die mense ontstaan wat mekaar toe

geneë is, dat verwarring ontstaan waar duidelikheid heers. En die skuld is

by die mense self te soek, omdat hulle deur klein liefdelooshede Satan ‘n

vinger gee en hy die hele hand probeer gryp, d.w.s. dat hy die mense tot

steeds groter liefdeloosheid aanpor.

Hy het groot mag, maar alleen daar waar dit hom gegee word, omdat julle

nie die wapen teen hom aanwend wat hom magteloos maak nie, omdat

julle die liefde te weinig beoefen, omdat die eie liefde nog sterk is in julle,

wat hom egter ‘n welkome moontlikheid bied. Dan herken julle hom nie as

hy julle die weg versper nie, dan is julle oë slegsiende en julle sien hom as

vriend en skenk hom julle vertroue. Hy is nie julle vriend solank hy My

teenstander is nie en hy is solank My teenstander as wat hy sonder enige

liefde is, solank is hy te vrees. As julleself sonder liefde is, dan behoort julle

aan hom en is nog ver verwyder van My. Het egter die liefdevonk in julle

ontvlam, dan verbreek julleself die ketting wat julle gebonde hou. Dan

verander julle van heer, dan verbind julle julself met My en dan het hy alle

mag oor julle verloor. Daarom hoef julle hom nie te vrees nie, julle wat

Myne geword het deur julle wil, wat na My streef en hom afwys.

Dan kan hy julle ook nie meer skade bring nie, maar julle kan hom nog

help deurdat julle gloeiende kole op sy hoof stapel, deurdat julle liefde hom

ook tot alles uitstrek wat julle vyandig gesind is, deurdat julle die bose met

liefde beantwoord, sodat hy kan insien dat julle julself vergoddelik het. Dat

julle sy meerdere is in die helderste lig en onmeetlike krag. Wat as ‘n wese

hom oortref, bespeur hy die se mag en laat hom ook in gedagtes los, d.w.s.

hy word nie meer deur hom lastig geval nie omdat hy verenig met My, vir

hom onbereikbaar is.

Die weg na die Vaderhart is vir alle mense begaanbaar en die ketting wat

hulle gebonde hou kan deur alle mense verbreek word deur die liefde, wat

tegelykertyd die middel is om los en vas te maak, wat julle tot My kinders

maak, wat ewig die Wederliefde van die Vader ondervind en daarom ewig

gelukkig is. Amen

Verkeerdelik dink ons die noodlot bepaal dat ons

sleg moet wees

5141 31 Mei 1951

Wat julle tot seën strek, laat Ek julle toekom, wat julle egter hinder in julle

geestelike ontwikkeling is nie My Wil nie, maar inteendeel die wil van hom

wat julle van My wil skei. Tog laat Ek dit toe om julle die wils- en

23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!