03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die individualiteit van die siel - Deel 1 (deel 2=8117

25.3.1962)

5063 14 Februarie 1951

Toe My skeppingswil werksaam geword het, het My Wysheid ook die afloop

van alles gesien wat My Liefde en Krag geskape het. Ek het die

ontwikkelingsgang van die gevalle geestelike gesien, Ek het ook die

gedeeltelike terugval in die diepte gesien. Ek het ‘n leër van oergeskape

geeste strydend teen mekaar in die heelal gesien. Ek het die demoniese

aktiwiteite oral in die ryk van die geeste gesien en in die skeppings van

aardse materiële aard. Ek het die ‘ups’ en ‘downs’ gesien. Ek het vorme

gesien wat voortdurend verander. En My Wysheid het die ontsaglike

verlossingswerk, wat eens sukses sou oplewer, die allerduidelikste gesien,

waaroor My Liefde Homself verheug het en daarom was My Wil aanhoudend

skeppend besig. Ek het die welslae dus al van die ewigheid af voorsien.

Maar Ek het ook die ontelbare oergeskape geeste gesien wat hulself teen

My verset, wat ‘n oneindige lang tyd nodig sal hê, voordat hulle, hulself

sonder weerstand aan My sal oorgee.

Dit maak My egter nie verdrietig nie, want tyd kom nie by My in

aanmerking as Ek maar eenmaal My doel wil bereik nie. Tog wyk die

verlossingsplan vir die geestelike, wat hulself teen My bly verset,

aanmerklik af van dit van die minder verharde geestelike. Want die eerstes

het ‘n meer eindelose lang ontwikkelingsperiode nodig tot hulle uiteindelike

verlossing en elke periode beteken ‘n ander verlossingsproses as die van

die voorafgaande. Want die sonde word steeds groter, hoe dikwels die vrye

wil misbruik word en die eindstadium as mens verskaf aan die geestelike

wese ook die insig, omdat Ek hom die verstand gegee het tengevolge

waarvan hy reg van onreg kan onderskei.

Totdat die siel van ‘n mens gevorm kan word, moet die afsonderlike

sielesubstansies deur alle skeppings gegaan het. Die siel het dan al sy

partikeltjies, wat eens by ‘n in geestelike vryheid skeppende oerwese

behoort het, byeen gesoek. Die oerwese ontvang as mens dan ook weer die

“Ek-bewussyn”, wat hy nie in die voorstadia van die ontwikkeling meer

besit het nie.

Die siel bly dan ook in die ryk hierna ‘n selfbewuste individu, ofskoon hy

dan in vereniging met ewe volwasse geeste skeppend werk. Hy herken

homself ook as dit wat hy eenmaal was en is onbeskryflik salig in die “Ekbewussyn”.

Die laaste proef in die lewe op aarde kan egter ook, ofskoon dit nie te

swaar is nie, nie deurstaan word nie en dan was My verlossingswerk nie in

één ontwikkelingsperiode moontlik gewees nie en moet die wese ‘n tweede,

veel swaarder verlossingsproses deurmaak. Hy móét sy verblyf weer in ‘n

nuwe skepping van stoflike aard neem. Die siel word weer opgelos in

ontelbare partikeltjies en na gelang van hulle hoedanigheid, weer in

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!