03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

mens swak word staan die Heiland Jesus naas hom en ondersteun hom, Hy

help hom om die kruis te dra totdat hy sy doel bereik het.

En nou sal julle begryp waarom vroom, God onderdanige mense dikwels

deur leed en siekte agtervolg word, waarom hulle ‘n kruis gegee word om

te dra wat vir hulle byna ondraaglik voorkom. Dit gaan oor die kindskap

van God, oor die vereniging met Hom sodanig, dat hulle, wat die naaste

aan die Vader staan, onbegrensde krag en lig kan ontvang en onbeperkte

geluksaligheid kan voel wat slegs die totale vereniging met Hom kan

teweegbring en dat hierdie toestand daarom die kosbaarste is wat op aarde

bereik kan word, dog deur groot offers, deur die prysgee van alles wat die

mens op aarde as aangenaam ervaar.

Hy moet in waarheid die weg na Golgota gaan, hy mag nie meer na die

wêreld kyk nie, hy moet sy blik daarvan afwend en tree vir tree aflê in nood

en kwelling. Hy moet weet dat sy liggaam slegs vir die siel ly, sodat hy dan

volkome gereinig voor die Aangesig van God kan tree, om deur die Vader

met die diepste liefde aangeneem te word as Sy kind, wat Hom, uit liefde

vir Hom, nagevolg het, wat uit liefde vir Hom die weg van die kruis op

aarde afgelê het en dat deur Hom hy nou vertroud gemaak word met alle

regte van ‘n kind, want hy het alreeds na die Vader teruggekeer en ook nou

nog op aarde die proef afgelê en deurstaan, wat elke geskape engel moet

deurstaan om volkome te versmelt met sy Skepper en Vader van ewigheid,

om nou, as volmaakte, te kan skep en werk in die ryk van die lig. Amen

Die oorwinning oor die materie - Die geesteryk

5796 26 Oktober 1953

Solank julle denke en strewe alleen die wêreld en sy goedere geld, sal julle

My ryk moeilik verwerf, want "My ryk is nie van hierdie wêreld nie". My ryk

kan alleen verwerf word deur die prysgee van dit wat vir julle mense nog

begerenswaardig is.

My ryk verg die oorwinning oor die materie, want dan eers kan julle vrykom

uit die vorm en My ryk binnegaan, as julle julself van alles los maak wat

behoort aan My teenstander. Die materiële wêreld is sy ryk, ofskoon hy

geen invloed het op die materie as sodanig nie. Het hy erter ‘n groot

invloed op die mens wat as siel die geestelike in hom dra, wat nou ‘n

stadium van ontwikkeling bereik het, waarin dit sy heerskappy kan ontvlug,

waarin hy hom van alle uiterlike vorme kan bevry met die regte gebruik

van sy wil. Dan wend die teenstander sy invloed aan om die mens aan die

materie te ketting en sy wil verkeerd te rig, sodat hy weer dit nastreef wat

hy al lankal oorwin het.

Die materiële wêreld is die grootste proef vir julle wil, want julle moet

julself daarvan afkeer, julle moet vrywillig afstand doen van alles wat vir

julle in die aardse lewe begeerlik lyk, julle moet net na die geesteryk

207

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!