03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

net nie kan deurgrond, solank julle nog nie vry is van die oerskuld nie, wat

‘n werksaamheid van die Gees onmoontlik maak.

Dus moet die verlossingswerk eers aan julle volbring word. Die skuld wat

julle Gees eens verduister het, moet gedelg wees, dan kan dit ook weer lig

in julle word en dan is daar ook geen begrensing meer vir julle nie, want

hierdie grens was deur die skuld van die oersonde getrek. Dit kan egter te

alle tye verwyder word, sodra die oerskuld nie meer bestaan nie; sodra dit

gedelg word deur Jesus Christus, sodat die mens dus deur My Gees verlig

kan word en die verhouding herstel is waarin hy in die allereerste begin tot

My gestaan het.

Dat die mense geen kennis daarvan het nie, toon hulle toestand aan. Dit

laat blyk dat hulle nog nie van hulle oerskuld verlos is nie. Dit bewys ook

die dooie geloof waarin die mense lewe en hulself tog as Christene uitgee

wat die mond vol het van My Naam en wat tog heeltemal blind in hulle

Gees deur die aardse lewe gaan.

En dit is moeilik om sulke mense tot ‘n lewende geloof te bring in die krag

van die Gees, wat homself wil openbaar en homself tog maar in weinig

mense kan openbaar. Dit is daarom so moeilik, omdat die mense die liefde

nie in homself laat ontvlam nie en daarom ook nie My groot Liefde kan

begryp wat in die mens Jesus die werk van verlossing volbring het nie. En

solank die verlossingswerk nie heeltemal bewustelik benut word nie, bly die

mens in die duisternis en die grense kan dan nie deur hulle oorskry word

nie. Amen

Beskermengel - Geestelike leidsman

6636 5 September 1956

‘n troue geestelike leidsman begelei julle op al julle weë deur die aardse

lewe. Nooit is julle sonder geestelike beskerming nie en wanneer so'n

leidsman, as ook die ligwesens wat julle omring, onbeperk sou mag werk,

sou julle voltooiing op hierdie aarde versekerd wees, omdat hulle liefde vir

julle alles sou wil doen wat julle kan help om opwaarts te gaan.

Maar hulle mag nie onbeperk by julle werksaam wees nie omdat julle wil

self hulle weghou. Hulle kan ook alleen maar in ooreenstemming met

hierdie wil op julle inwerk en ook dikwels belet julle die wesens wie julle lei

hul werksaamhede, omdat julle wil tussenin kom.

Maar tog verlaat julle leidsliede julle nie en hulle sal steeds probeer om

hulle invloed op julle uit te oefen tot julle dood. Dus is julle voortdurend

deur beskermgeeste omgewe en julle sal julle ook steeds tot hulle kan

wend om hulp, maar die hulp mag hulle julle eers gee as julle reeds ‘n

verbinding met My tot stand gebring het, omdat dit wet is, dat die

ligwesens alleen My Wil uitvoer, dat hulle altyd alleen vanuit My Wil

werksaam is.

456

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!