03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

So gou die siele eenmaal die krag van die liefde ondervind het en hierdie

krag benut, werk hulle met ‘n enorme ywer. Maar die eerste aansporing

moet hul gegee word deur liefdevolle voorspraak van die kant van die

mense, omdat dit hulle die eerste beroer en hul denkrigting verander.

Hierdie voorspraak moet egter bewus gedoen word, d.w.s. met die

bedoeling om die siele te help in hul opwaartse ontwikkeling.

Julle mense moet weet dat julle voorspraak waarde het en julle moet julself

nou met die nood van hulle wat oorlede is vertroud maak en uit ‘n

liefdevolle hart ‘n gebed stuur om ‘n gawe van krag vir hierdie siele. Hierdie

gawe sal hulle dan sekerlik gewaarword en ook die liefde wat na hulle uit

gaan dankbaar ervaar en dit bring hulle daartoe om lief te hê, wat nou op

hul omgewing uitstraal en as ‘n dowwe lig die uitwerking het wat alle siele

weldadig aandoen.

Julle mense sou so buitengewoon aktief kan meewerk as julle maar die wil

het om smart en nood te versag. Want hierdie wil spoor julle aan tot gebed

wat uit die hart kom en dit het verlossende krag. Alles wat julle doen moet

julle bewus doen. Nie as uiterlike vorm of lippegebed nie, want dit het geen

uitwerking nie, omdat die oortuigde bereidwilligheid nie aktief is nie. Alleen

die liefde verlos, dit moet julle steeds weer gesê word. Met die liefde bereik

julle onvoorstelbaar baie. Julle kan deur liefderyke voorspraak soveel

stralende lig in die duisternis bring, dat daar baie siele saamkom en deur

hierdie ligstraal aangeraak word, steeds met die gevolg, dat ‘n gevoel van

liefde in hulle ontwaak en werksaam wil wees.

Liefdevolle voorspraak is ‘n enorme kragstroom wat sy uitwerking nooit sal

mis nie. Sluit al julle geliefdes in hierdie voorbede in, roep hulle in gedagte

na julle toe en vertel hulle dat julle hulle wil help en dat hulle stil en sonder

weerstand julle hulp moet aanneem. Onderrig hulle in gedagte dat hulle

ook opwaarts kan gaan, as hulle die krag wil gebruik wat julle hul deur julle

voorspraak laat toekom. En wys hulle steeds op Jesus Christus. Slegs Eén

kan hulle verlos en hierdie Een is alleen deur die liefde te wen. Daarom,

vertel hulle dat hulle met die krag wat hul gegee is weer ander siele moet

help wat in groot nood is. Dat die liefdeswerk aan die siele gedoen hulle

steeds nader bring aan Jesus Christus, wat dan almal na Hom sal trek in die

grootste erbarming en hulle intrek in die ryk van lig.

Het julle ‘n siel gehelp tot die regte gebruik van die krag wat hy ontvang

het, dan is sy opwaarts gaan verseker. Dan het die swakheid van wil en die

kragteloosheid verdwyn en hy gaan ywerig opwaarts en trek baie siele met

hom saam na bo, omdat hulle hul insig nou ook aan ander oordra en so het

‘n enkele voorbede ‘n onvermoede seën tot gevolg.

Julle mense op die aarde, moet die krag van voorspraak nie onderskat nie,

maar dink steeds daaraan dat dit uit ‘n liefdevolle hart moet kom om

werklik kraggewend te wees. En sluit al julle geliefdes in, want hulle het

almal nog krag nodig en sal julle daar ewige voor dank, as julle hul nog

swakke krag vergroot en in liefde aan hulle dink. Amen

31

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!