03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

kan toegespreek word deur die mond van ‘n dienaar wat My heeltemal

toegewyd is. Ek kan julle alleen maar steeds weer op die gevolge van julle

verkeerde lewenswandel opmerksaam maak en probeer om julle met

woorde van liefde op die regte weg te lok. Indien egter al hierdie

teregwysings nutteloos is, moet My Vaderhand, wat alles in orde bring,

ingryp om julle teen die ergste te beskerm. Want op aarde moet die orde

herstel word, sodat dit weer word tot ‘n verblyfplek waar die geestelike

geskool word, waar die siele ooreenkomstig hul bestemming voltooi kan

word. Amen

Die weg van die navolging van Jesus

6053 15 September 1954

Die weg wat julle gaan, moet die weg wees van die navolging van Jesus.

Julle moet Hom tot voorbeeld neem, julle moet lewe op aarde soos Hy dit

julle voorgeleef het, julle moet ‘n lewe in liefde lei en ook die leed wat julle

opgelê word, berustend op julle neem, sodat julle siele volwasse word. Die

mens Jesus het julle voorgegaan op die weg, om welke rede julle Hom nou

sal kan volg en julle dan ook julle doel sal bereik: om terug te keer na die

Vader van Wie julle eens uitgegaan het.

En Jesus het julle hierdie weg laat sien, deurdat Hy julle die gebooie van

die liefde tot God en die naaste gee, waardeur julle, deur hierdie na te

lewe, die weg gaan waardeur julle Jesus navolg. Maar daarvoor is julle wil

nodig en ‘n oorwinning oor julself, ‘n ter syde stel van die eie wense en

begeertes, om die naaste te help as hy hulp nodig het. Die liefde moet in

julle ontsteek word, anders kan die doel nie bereik word nie, die vereniging

met God, Wie Self die Liefde is daarom ook alleen deur die liefde verkry

kan word.

Die mens Jesus was vervul van Liefde tot Sy medemens en daarom kon Hy

Hom ook met God verenig, Hy kon die ewige Godheid in Hom opneem, Wie

Hom alleen kan verenig met ‘n mens wat hom tot liefde gevorm het. En dit

alleen is die sin en doel van die mens in die aardse lewe, dat hy sy hele

wese verander tot liefde, dat hy die eieliefde opgee, dat hy steeds sal wil

gee en gelukkig maak en dus homself vergoddelik, omdat die liefde

goddelik is en die mens wat hom tot liefde vorm ‘n goddelike wese word.

Hoe minder die mens aan homself dink en hoe meer hy in liefde uitdeel aan

sy medemens, des te nader is hy by sy doel en des te nader is hy ook aan

God Self, dan gaan hy die ware weg na Hom en God Self kom hom

tegemoet, hy sal dan egter ook leed dra sonder mor, hy sal homself voel as

‘n draer van die kruis en die kruis graag op sy skouers neem, want hy

neem dan Jesus tot voorbeeld, hy volg Hom na, hy gaan die weg wat Jesus

hom voorgegaan het, wat almal moet gaan om die ewige geluksaligheid te

bereik. Amen

288

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!