03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

word wat, veral hulle wat Myne is, gevoelig sal tref, wat ter wille van hulle

geloof sal moet ly en nouliks die hardheid van hulle noodlot sal kan begryp.

Maar dan sal Ek die dae verkort, sodat die wat Myne is, nie sal faal nie,

sodat hulle nie afval nie, sodat hulle salig kan word.

Hou julle slegs vas aan My woord, dit sal julle red uit die grootste nood; en

wag op die vervulling van die woord; want Ek Self sal kom en julle bevry en

Ek sal Myself vooraf reeds op ‘n ongewone wyse openbaar om julle te

versterk, wanneer julle gevaar sal loop om swak te word. Julle hoef niks te

vrees nie, solank julle op My vertrou en solank julle julself met My in gebed

verbind, want solank sal julle krag ontvang om weerstand te kan bied. Dink

daaraan dat die vyande wel julle liggaam kan doodmaak, maar nie julle

siele nie. Dink ook daaraan dat daar ‘n ewige lewe is en dat die lewe op die

aarde vir elke mens spoedig ten einde kom, dan sal julle vrees ook

verdwyn en julle sal met ‘n sterk geloof vervul word en kan standhou en

steeds van My en My Naam getuig. Prent die woorde in julle geheue, dit sal

julle tot krag en sterkte wees in die komende swaar tyd.

Verseker julle al vooraf van krag en versamel dit, want nog sal dit ‘n tyd

duur voordat Ek Self deur die natuurgebeure sal spreek. En wanneer

julle die tyd goed sal benut om julle geloof nog meer te versterk, dan sal

ook die geloofstryd wat volg, julle nie ontstel nie, dit sal julle maar weinig

roer omdat julle met sekerheid sal wag op My koms, omdat julle geloof so

sterk geword het dat nóg bedreiginge nóg maatreëls teen julle, julle sal kan

ontstel. En julle sal ‘n goeie stryder wees vir My en My Naam en alle magte

van die hel sal julle nie kan oorwin nie, want Ek Self sal met julle stry en Ek

sal julle waarlik tot die oorwinning voer. Amen

Kennis van die vooraf ontwikkeling van die siel

6591 7 Julie 1956

Die kennis van die weg wat julle siele gegaan het vóór julle inkarnasie as ’n

menslike wese is belangrik in die eindtyd, vir elkeen wat sorgloos deur

hierdie aardse lewe gaan, hulle wat nie bewus is van hulle

verantwoordelikheid nie. Aan hulle kan dit baie verklaar wat nie voorheen

duidelik vir hulle was nie. Dit is waar, die mense sal hierdie kennis nie

aanneem nie, maar tog kan dit vir hulle ‘n nuwe standpunt gee soos hoe

om hulle bestaan te sien. Dit kan vir hulle ‘n openbaring wees van dit wat

tot nou toe onverklaarbaar was. Dit kan hulle aanspoor om te dink en hulle

ongemaklik maak wanneer hulle aan ‘n later lewe dink, wat hulle help om

die waarheid van hierdie kennis nie te betwyfel nie. ‘n Denkende mens kan

dit nie sonder oorweging verwerp nie, hoewel slegs weiniges dit sal

aanvaar. Maar voor die einde kan dit baie tot hul sinne bring en maak dat

hulle hul houding tot God te verander.

Om hierdie kennis bekend te maak is één van die middele wat God gebruik,

in Sy liefde, sodat die mense ‘n blik in Sy ewigheids plan kan neem, want

434

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!