03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hulle gaan nou ook uitermate vinnig omhoog, want hulle sluit aan by

geeste met gelyke volwassenheid en werk nou volgens God se wil en

opdrag. Hulle trek al hulle krag vanuit God en benut dit vir God, terwyl die

siele wat op aarde in hul wilsbeproewing gefaal het ook wel in die

hiernamaals tot insig kan kom, maar eers met behulp van ander wesens.

Hulle moet hulle nou so omvorm dat dit ook in hulle lig word en hulle die

ligstraling kan opneem en dit gebruik na die wil van God.

Ook hierdie siele moet in vrye wil die toevoer van lig en krag verlang, want

eers dan sal hulle dit ontvang. Dan eers begin ook hul opwaartse

ontwikkeling met die werksaamheid wat hulle weer verrig ten behoewe van

die siele in duisternis, dit is in ’n sekere sin ’n moeisame weg, ’n opwaarts

gaan waar tree vir tree geklim moet word met die inspanning van alle krag

en ’n sterk wil. Daar bly egter geen moeite onbeloon nie, want dit help die

siel verder. Maar omdat hulle self nog baie swak is en oor weinig krag

beskik, moet hulle hul hele wil inspan en baie ondersteuning kry van die

kant van die ligwêreld af, of deur menslike voorspraak. Tot hulle self in

soverre lig en krag ontvang het, dat hulle nou van hulle kant af kan uitdeel

en ook steeds meer krag kan ontvang.

Die kort aardse lewe is beslissend vir die lot in die ewigheid. Want die

ingaan in die geesteryk is van die hoogste saligheid wat nooit meer eindig

nie, as die tyd op aarde goed bestee word.

Maar die tyd kan ook onbenut bly en die gevolge daarvan moet die siel dra.

Hulle moet verder worstel en stry as hulle nie ten gronde wil gaan nie. hulle

lewe in die geesteryk lyk nog in baie opsigte soos die worstel op aarde,

maar is tog nie hopeloos as die siel self die wil het om lig en krag te kry

nie. Alleen hulle wil is beslissend. Is die wil reeds in die aardse lewe op God

gerig dan sal die siel vasberade die doel nastreef om nader aan Hom te

kom, wat hulle dan ook spoedig bereik.

Maar solank die wil nog van God afgekeer is, beteken dit vir hulle duisternis

en swakheid. In hierdie toestand gaan die siel dan die hiernamaals in,

terwyl in die vorige geval die siel deurstraal is van lig en nie hulle meer aan

die aardse bind nie, as slegs die liefde tot hulle, wat hulle verlaat het en

wat hulle nou hulle hulp aanbied op elke wyse. Maar die ander het nog vir

’n lang tyd hulp nodig ofskoon hulle aan die aarde ontruk is. Hulle hou hulle

egter nog in die nabyheid van die aarde op tot ook hulle soveel lig en krag

ontvang het, om van hul kant af werksaam te wees in die geesteryk.

En elke werk bestaan daarin om die wil van hulle te beïnvloed wat hom nog

verkeerd gerig het, om hulle te bewaar vir dieselfde noodlot, vir ‘n moeilike

gang opwaarts in die geesteryk, wat die gevolg is van ‘n verkeerd gerigte

wil op aarde. Amen

238

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!