03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

verby wees met julle wilsvryheid. Julle sou dan gedryf deur vrees vir

dieselfde lot, julle op ‘n ander lewenswandel toelê, dus wel dit doen wat

van julle gevra word, maar nie uit julself, uit vrye wil daartoe aangespoor

nie. Tog moet julle die lot van die siele ken, dit moet julle verkondig word

en dit staan julle dan nog steeds vry om te glo en daaruit julle eie

afleidings te maak.

Hierdie siele het by die ingaan in die ryk hierna, alles waar hul harte aan

hang op aarde, verloor. Hulle besit niks meer nie, want alleen dit wat hulle

geestelike verwerf het, kan hulle saamneem en daar het hulle die meeste

gebrek aan. Hulle is deur totale duisternis omring, sodat hulle ‘n lewe

sonder God lei en daardeur heeltemal kragteloos is, maar nie gevoelloos

nie. Vir hulle beteken hul omgewing nou ‘n verskrikking en ellende, in

hierdie kwellinge en verskrikkinge sal ook die siel ondergaan wat op aarde

alles sonder vrees en vasberade uitgevoer het wat hulle nou in die

duisternis stort. Dit is pyn van onbeskryflike aard, wat nou in die siel die

verlange opwek om hierdie toestand te ontvlug, of alleen maar alle slegte

neigings te versterk om ook in die ryk bevrediging te soek, wat ‘n totale ten

prooi val aan die kragte van die duisternis beteken.

Maar ook die siele wat onvolwasse die aardse lewe verlaat het, wie se lewe

egter sonder liefde was en onverskillig ten opsige van al die geestelike, is in

buitengewoon benouende omstandighede. Want ook hulle word

onuitspreeklik gekwel deur die duisternis, wat wel somtyds vir ‘n skemerige

toestand wyk, as die siel nog nie heeltemal verhard is nie, sodat ook hulle

na lig verlang, want alleen die verlange kan hulle die lig laat bereik. Al

hierdie siele ontbreek egter die krag om die goeie te wil en daar kan hul

volgens die wet van ewigheid geen hulp gebring word as hulle dit self nie

begeer nie.

Wel is die werk van Gods barmhartigheid nie ten einde as die siel die

aardse liggaam verlaat nie, maar wat hulle op aarde nie benut het terwyl

hulle dit in oorvloed besit het, moet hulle nou in die hiernamaals eers kry

en hulle is dikwels te swak daarvoor. Stel julself altyd maar uiters

verswakte en hulpelose wesens voor wat onuitspreeklik ly en wat op hulp

aangewys is, om van hul lyding bevry te word. En as julle ‘n blik kon werp

op hul nood, dan sou julle met ontferming vervul word.

Elkeen het daarbo siele van wie hy nie weet in welke toestand hulle die

geesteryk binnegegaan het nie. Julle almal het geliefdes deur die dood

verloor, dink tenminste aan die siele met wie julle noue bande het en help

hulle. Want selfs die kleinste verlossingswerk aan sulke siele volbring, het

‘n verdere verlossing tot gevolg en julle het daar toe bygedra.

En julle kan hulle alleen help deur liefdevolle gedagtes en gebed en deur

ten gunste van hierdie siele te bid. Dit sal hulle weliswaar nie uit hul

kwelling bevry nie, maar hul tog krag laat toekom deur middel waarvan die

siel sy wil verander en op die lig kan afstuur.

197

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!